Jy was Beautiful in Beaufort-Wes, en ek was so verskrik
en verskriklik lief vir jou, en ek en jy het op grafte en op treine op
Ford Fairlane se agterseats gevry.
En nou is jy en jou man both computer analysts,
laas winter, you tried to cut above your wrists en nou skryf jy vir my
Koortjie:
Jy kan nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir jouself doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie.
Mooi, mooi, mooi was jou woorde ook terwyl jy Menthol sigarette rook,
en al daai sweet, sweet dinge vir my sê terwyl jy sweet, sweet in my arms lê.
En die presiese woorde 't ek presies vergeet, ek onthou net die rook en die sweet
in Beaufort-Wes en jou kaal liggaam onder koel summer cotton dress
Koortjie:
Nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir jou self doen nie en nooit ooit weer vir my soen nie
En dis miskien soos 'n storie uit die Huisgenoot,
maar jy het een aand skielik vir my weggestoot
en in die rearview mirror jou gesig gekyk en gesê miskien moet ek gelukkiger lyk
en daardie aand kon ek nie aan die slaap raak nie
Ek het gevoel hoe my hart los ruk uit my lyf en soos 'n roeiboot al in die rivier af dryf
Koortjie:
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
nie meer iets vir myself doen nie, en nooit ooit weer vir jou soen nie
Die laaste herrinering waaroor ek skryf is die nag ek en jy
die melktrein aan en aan die nag in ry tot anderkant die ding-dong gong
van die breakfast waiter in die gang verby
Dit was my wake-up call my lief, jy het gesê: "Wees asseblief lief vir my",
maar ek't gedroom ons het in Beaufort-Wes gaan woon
Koortjie:
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie,
nie meer iets vir mekaar doen nie en nooit ooit weer vir jou soen nie.
Ek kon nie meer slaap nie. Nie nie meer lag nie
Nie meer iets vir myself dien nie en nooit ooit weer vir jou soen nie